Voorblad | Kontak Ons | Kwartaalprogram

Welkom by Laerskool Concordia

Baie welkom by ons webblad – ‘n geleentheid waar u ons skool, sy mense en omgewing sal beleef en sal ervaar.

Ons is verheug oor u voorneme om u kind deel van Laerskool Concordia en sy mense te maak. Aangesien u die toekoms van u kind bepaal, is dit belangrik dat u die regte keuse sal maak. As ouer wil u net die beste vir u kind hê – Beslis ja!!

Laerskool Concordia is nie net die trots van Boksburg nie, maar ook die skool waarop u en u kind trots sal wees. Hier word ons kinders geleer om hul historiese en kulturele erfenisse te ag en te respekteer asook om hul Christelike beginsels uit te leef. Hier by Laerskool Concordia streef ons daarna om elke leerling as totale persoon te ontwikkel met ‘n gesonde balans tussen al die verskillende fasette wat ons hier aanbied.

Ons stel onsself diensbaar en tot beskikking van ons gemeenskap en tot voordeel van ons mees kosbaarste besittings - ons kinders.

Kom werk saam en bou saam aan Concordia.

Die regte skool vir die regte redes.

Onlangse Nuus

Valkie Rugby

Gaan kyk na ons foto album vir foto's van die valkie rugby

Omsendbrief

Kliek hier..

Herregistrasie vir 2012

Kliek hier om die vorm vir herregistrasie te kry.

Naskool

Naskool inligting opgedateer en ook aansoekvorm. Kyk onder Algemene Inligting.

D6 kommunikeerder

‘n Moet hê vir elke ouer om op hoogte te bly van skoolnuus en meer. Laai die program op jou rekenaar met internettoegang. Die program is gratis en kan afgelaai word deur hier te kliek of alternatief kan ‘n CD met die program aangevra word by Concordia.

Interlaer 2011

Baie geluk aan Corries wat die interlaer nou vir die 11de jaar gewen het.

D6 Atletiek Foto's

Kliek hier om foto's van die D6 atletiek te sien.

Advertensie Borde

Daar is nog advertensie borde beskikbaar in Rietfontein Str. Kontak: Jamy Botha 082 374 5604 of die skool by 011 826 6139 of 011 826 6130.

 

 

hit counter